
Die wenners van die Hisense dubbelstweekampbyeenkoms Dinsdagaand is van links Chris van Wyk en Llewellyn Viljoen (tweede), Johan Windt en Elmé Viljoen (wenners) en Bianca le Grange en Francois Maquassa (derde). Dit is tradisioneel die eerste byeenkoms van die jaar. Die byeenkoms is uniek deurdag twee atlete ’n span vorm. Die een spanlid hardloop en die ander een swem. Die twee se punte word dan saamgevoeg om die wenners te bepaal. 35 spanne het vanjaar deelgeneem.