Stroebel wen groot vleisprys

Bo: Paul Stroebel (links) met die groot pak vleis wat hy Saterdag in die eindronde van die vleisgholfdagreeks gewen het. By hom is Johan Cornelissen (klubkaptein) wat tweede was. Regs: Theo Fourie (links) wen- ner van Saterdag se klubdag, en Chloé Kelpen wat tweede was.      Foto’s: Higgo Jacobs

Bo: Paul Stroebel (links) met die groot pak vleis wat hy Saterdag in die eindronde van die vleisgholfdagreeks gewen het. By hom is Johan Cornelissen (klubkaptein) wat tweede was.
Onder: Theo Fourie (links) wenner van Saterdag se klubdag, en Chloé Kelpen wat tweede was. Foto’s: Higgo Jacobs

12 Vleiswenners gewoon

Deur Higgo Jacobs
Paul Stroebel het Saterdag die eindstryd van die Oudsthoorn Gholf-klub se gewilde vleisgholfreeks met ’n telling van 41 punte gewen.

Johan Cornelissen was tweede met 40 punte. Bennie van Zyl, David Greeff en Niel Truter, al drie met 38 punte, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Greeff het op die derde naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is deur Francois Verwey, Ronel Berry en Marthinus Oosthuizen behaal.

Vanjaar se vleisgholfdagreeks het reeds in Januarie begin en spelers kon maandeliks punte opbou vir die eind-stryd in November. Coenie Coetzee het aan die einde van Oktober die meeste punte gehad en daarmee ’n afslag van 50% op sy ledegeld vir 2018 verdien.

Spelers wat nie vir die eindronde gekwalifiseer het nie, kon Saterdag aan die gewone klubgholfdag deelneem. Theo Fourie was hier die wenner met 45 punte en Chloé Kelpin tweede met 43 punte.