DIE Eden Straat- en Baanmylreeks het in Desember 2022, onderskeidelik op die 17de en 19de, vir groot opwinding onder atlete van Suid-Afrika gesorg toe hierdie immergewilde items op Oudtshoorn aangebied is.
Nkosinathi Sibiya, oorspronklik van Newcastle in KwaZulu-Natal, en wat vir die Universiteit van Johannesburg kompeteer, is as die Oudtshoorn Eden Straatmylkampioen gekroon toe hy eerste oor die wenstreep in Baron van Reedestraat, voor die CP Nel Museum, genael het.
Hy het die dag se reënerige straatmyl in minder as 4 minute voltooi! Sowaar ’n droommyl.
Die Baanmylreeks was weer eens ’n groot sukses! Dit het op Oudtshoorn se De Jagersportkompleks plaasgevind.
Sibiya het hier weer eens naam gemaak, en vir geen van sy teenstanders teruggestaan nie!
Hy het die Baanmyl in 3 minute 58,95 sekondes voltooi!
Hierdie byeenkoms bring jaarliks talle atlete van regoor die land na Oudtshoorn om hul staal in die myl te toets.
Straatmyl sorg weer vir groot opwinding
Nkosinathi Sibiya, oorspronklik van Newcastle in KwaZulu-Natal, en wat vir die Universiteit van Johannesburg kompeteer, is die Oudts-hoorn Eden Straatmylkampioen! Hy het die dag se reënerige straatmyl in minder as 4 minute voltooi. Foto: Stefan Skapie Goosen