Steyl herkies tot voorsitter

Danie Steyl Foto: Garnett Wicomb

Danie Steyl
Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
Danie Steyl en Ernst Kok is op die algemene jaarvergadering van die Wesbank Tennisklub onbestrede in hul posisies as voorsitter en onder-voorsitter van die klub herkies.

Die res van die bestuur vir 2017/18 is Karin Deltenre (sekretaresse), Theunis Kruger (tesourier), Jacques de Beer, Philip Nel, Christine van Coller, Rida Bester en Hanlé Kok (bykomende lede).
Goeie nuus vir lede van die klub is dat die jaarfooie nie verhoog is nie.

Steyl het in sy jaarverslag die klub se spelers wat Suid-Afrika die afgelope jaar verteenwoordig het geluk gewens. Hulle is Elmarie Lategan, Christine van Coller en Rida Bester.

Hy het klublede versoek om die sosiale tennisdae op Woensdae en Saterdae te ondersteun.
Enigeen wat daarin belang stel om by die klub aan te sluit, kan Steyl by 078 469 3727 kontak.