Stars dra Premierligakroon agtste keer!

Union Stars se span wat hul titel suksesvol verdedig het, is agter van links Gurshwin Rabie (onderkaptein), Simon Swigelaar (ere-president van Union Stars), Goliath Ewerts (spanbestuurder), Calvin Weyers (bestuurslid), Reagan Booysen, Elridge Booysen, Dilan Nuys, Geoffrey Perel, Pat Sambo (bestuurslid), Warren Olifant en Chris Andries (bestuurslid). In die middel is Hershelle Amerika, Leroi Bredenkamp, Juzane Olifant, Marcello Piedt, Justin Jordaan en Renaldo Swarts, en voor Pieter Stuurman (kaptein) en Merlin Masimela. Foto: Ben du Preez

Deur Ben du Preez
UNION STARS het Saterdag op die Rec sy titel suksesvol verdedig deur vir Pirates United met vier paaltjies te ­klop in die Sedgers SWD Premierliga-eindstryd.

Dit was die agtste oorwinning vir Stars in die nege eindstryde waarin hulle gespeel het.

Stars, met sewe provinsiale spelers in sy geledere, het die loot gewen en Pirates ingestuur om eerste te kolf.

Danksy ’n goeie kolfbeurt deur Brendon Louw (77 lopies nun) en JJ Strydom (20) teken Pirates 168 lopies in 48 boulbeurte aan. Union Stars het die wenteiken van 170 lopies in die 46ste beurt verbygesteek met nog 4 paaltjies staande.

Star se beste boulers was Justin Jordaan (3/22), Hershell America (3/39), Marcello Piedt (2/6) en Gurshwin Rabie (2/38). Reagan Booysen (40) en Pieter Stuurman (27) het van die Stars-kolwers die meeste lopies aangeteken.

Pirates se boulers wat die beste gevaar het, is Bronwill Goede (3/40), Irvin Campher (2/29) en Darryl Sigula (1/23).

• Union Stars speel van 31 Maart tot 2 April teen die klubkampioene van Boland en WP uit om te bepaal watter span die Wes-Kaap gaan verteenwoordig by die nasionale Momentum Klubkampioenskap in Pretoria.