Springbok en Kock City is sokkerkampioene vir 2018

Deur Higgo Jacobs
Twee sokkerspanne van Dysselsdorp, Springbok en Kock City, is Sondag op Dysselsdorp gekroon as Olfa se kampioene vir 2018.

Dit volg ná ’n reeks uitspeelwedstryde oor drie weke.

In die A-liga het Springbok vir Barcelona van Korrektiewe Dienste in die eindstryd met 5-4 ge-klop. Die twee spanne was ná voltyd met 1-1 gelykop waarna die spanne die wedstryd met doelskoppe moes beslis.

Vir dié oorwinning het Springbok ’n trofee, R3000 en twintig goue medaljes ontvang.

Barcalona Stars het as naaswenners R2000 ontvang.

In die B-liga is Kock City Sokker-klub van Dysselsdorp Olfa se nuwe kampioen vir 2018.

Die span het in die eindstryd vir Sweety Stars met 2-0 geklop.

Vir dié oorwinning het die span ’n wisseltrofee, R2000 en agttien me-daljes ontvang. Sweety Stars het as naaswenners R1000 ontvang.

Die uitslae in halfeindstryde van die A-liga was:
• Sweety Stars klop Rangers moet doelskoppe 4-2; en
• Kock City klop Super Strikers met doelskoppe 7-6.

Die uitslae van die halfeindstryde in die B-liga was:
Barcalona Stars klop Leeds United met 1-0
• Springbok klop United Stars met 2-1.