Elf in ’n ry vir Dysselsdorp

DIE A-span van Dysselsdorp Rangbers het Saterdag op sy tuisveld sy elfde oorwinning van die seisoen behaal deur Swings van Haarlem in ’n SWD Presidentsliawedstryd met 35-16 te klop. Rangers was halftyd reeds met 21-11 voor.

Rangers het ’n bonuspunt ontvang deurdat hulle  vyf drieë gedruk het wat almal verdoel is.

Vir Rangers het Donnie Makonie (senter) twee drieë gedruk en Ben Gertse (vleuel), Deidrick Booysen (kaptein en senter) en

Jason Jantjies (losskakel) een elk. Davestin Esau (heelagter) het al vyf drieë verdoel.

Van die Dysselsdorpers het Eric Campher (agtsteman) ’n barshou gespeel. Cheslin Saptou (flank), Peet Samson (slot) en André Fredericks (slot) het ook uitgeblink.

Die twee gereelde stutte, Dawid Coerecius en Elric October, het met ’n paar kragtige stormlope vorendag gekom. Agterlangs het Esau, Mako-nie en Jantjies geskitter op die aanval en verdediging.

• Rangers B het vir Swings B met 43-5 geklop.
Rangers speel Saterdag op die Oudtshoorn Sportgronde teen Adias.

• In nog ’n Presidentsligawedstryd het All Blacks op Uniondale vir Uniondale United met 32-22 geklop.
All Blacks het ’n bonuspunt verdien deurdat hulle vier drieë gedruk het. Die span se senterpaar, Lucien Afrika en  Hendrico

Jackson, het elkeen twee drieë gedruk.

Larry Paulse (skrumskakel) het twee drieë verdoel en drie strafdoele behaal.