
Deur Higgo Jacobs
DIE name van die finaliste vir die Groter Oudtshoorn Sporttoekennings vir 2017 wat Donderdagaand (30 November) in die Banketsaal van die Oudtshoorn Burgersentrum plaasvind, is bekend gemaak.
By dié glansgeleentheid, wat deur die Oudtshoorn Munisipaliteit aangebied word en om 19:00 begin, word sportsterre vereer wat die afgelope jaar op die sportveld presteer het.
Die finaliste in die onderskeie kategorieë is:
• Gestremdheid: Sportvrou – Izine Hufke; Sportman – Phillo Verlaat, Blacky Swart, Gerrit Hendricks en Abraham Lewerlot.
• Laerskole: Sportspan – Laerskool Van Reede Trompoppies; Sportvrou – Caithlin Bruintjies, Enza Claassen, Carin-Joy Blaauw en Suveena Arries; Sportman – Antonio Bruiners, James Jonker, Waythin Campher en Elgavin Jonathan.
• Hoërskole: Sportspan – Bridgton Sekondêre Skool o.17-fietsryspan, Langenhoven Gimnasium eerste meisieshokkiespan en Hoërskool Oudtshoorn trompoppies; Sportvrou – Anique Wolmarans, Carla van Zyl en Bianca la Grange; Sportman – Kerrighan Aries en Mynhard Cronje.
• Skole-afrigter – Megan Presher, Ronald Presher en Lee Aries; Skolesportadministrateur – Denver Jansen, John de Laan en Delia Botha.
• Junior Sportvrou – Carin Jodi de Laan, Charlissa Schultz, Sue-Alice Gysman en Megan Grebe.
• Junior Sportman – Jarco Ferreira, Thomas Bell, GW Lund, Shane May en William Hooper;
• Senior Sportspan – Oudtshoorn Skaakklub, Collegians Rugbyklub en Grebe’s Skopboksklub.
• Senior Afrigter – Heinrich Oliphant, Ranger Grebe; Senior Sportadministrateur – Corné Bence.
• Senior Sportvrou – Aletta Ungerer en Jessica Gerber.
• Senior Sportman – Heinrich Oliphant, JD Glinister en Marshall Hendricks.