Klub in R45000

Oloff Badenhorst (links) en Theuns Botha wat Vrydag die Oudtshoorn Gholfklub se gholfdag gewen het.          Foto: Higgo Jacobs

Oloff Badenhorst (links) en Theuns Botha wat Vrydag die Oudtshoorn Gholfklub se gholfdag gewen het. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se 4BBB-stableford-gholfdag op Vrydag (17 November) is deur Theuns Botha en Oloff Badenhorst met ’n telling van 48punte gewen. Altesame 92 spelers het afgeslaan vir die gholfdag wat as fondsinsameling vir die klub aangebied is.

Volgens Willem Burger, die klub se bestuurder, is sowat R45000 ingesamel.

Naas die wenners het nog drie spanne, Bruce Pienaar en Jaco Jordaan, P van Rooy en D Went-zel, en C Jervis en G Glasby, 48 punte behaal om op ’n uittel 2de, 3de en 4de te eindig. Hannes Oosthuizen en WM Badenhorst (47) was 5de.

Willem Burger het op die 3de putjie naaste aan die pen geslaan, Fanie Greeff op die 8ste, J Rutherford op die 12de en Morné Tome op die 15de.

• Die eindronde van die vleisgholfdae vind Saterdag plaas. Almal met meer as 200 punte kwalifiseer om in die eindronde te speel.