




Dié leerders van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn is gekies vir SWD-krieketspanne. Van links bo is Jhedli van Briesies, Francois Barnard en Jean Bruiners wat in Desember vir die o.19-span aan die Coca Cola Khanya Majola Krieketweek sal deelneem. Johann Muller (naasregs, o.17) en Lleyton Avontuur (o.15, regs) sal aan die Momentum Krieketweek deelneem.