Skuts in aksie tydens die SJB se Ghong-uitdaging Saterdag op die plaas Aangenaam.
DIE Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se jaarlikse ghong-uitdaging is Saterdag op die plaas Aangenaam van Henry en Martie van der Westhuizen naby De Rust gehou, met 116 skuts wat daaraan deelgeneem het.
Die uitdaging het in goeie weersomstandighede plaasgevind.
Spanne met vier skuts elk het oor afstande wat van 190 tot 412 meter gewissel het na staalplate van verskillende groottes geskiet.
Spanne met ’n junior of vroueskut het 200 bonuspunte ontvang terwyl veterane 100 bonuspunte ontvang het.
Die Meerkat-span bestaande uit Wallie Nigrini, Janine Nigrini, De Waal Nigrini en Amanda Lerm was die wenners en die Ghongbusters-span met Jacques du Plooy, Junita van Zyl, Christo Delport en Raynor
Becker die naaswenners. Die Boksom-bendespan met Hugo Moolman, Renier van Greunen, Freek Zeelie en Fermi Meyer was derde.
Die individuele wenners was Christo Delport (eerste), Renier van Greunen (tweede) en Niaan Fourie (derde).
• Die bestuur van SJB het Klein Karoo Agri, wat die dag en die pryse geborg het, asook die Van der Westhuizens vir hul moeite bedank.