
Die Wes-Kaap Sterkman Kompetisie het op Saterdag, 20 April by Langenhoven Gimnasium plaasgevind.
Hierdie kompetisie was ook ’n geleentheid vir die deelnemers om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Sterkman Kampioenskappe.
Twee van Oudtshoorn se sterkste manne het ook deelgeneem. Donavan Nova le Roux het 2de plek gewen in die o.90 kg Pro-afdeling en Neil Hendricks het die 1ste plek verower in die o.80 kg beginners afdeling. (Deur Lindi Brill)