Harlequins klop Jaguars
Die Harlequins se A-span het Saterdag, 20 April die span van die Jaguars met ’n telling van 24 – 20 op die Jaguars se tuisveld gewen. Dit is die tweede agtereenvolgende oorwinning vir die Harlequins A-span. Hul lê tans op die negende plek in die liga met 9 punte. Hul volgende wedstryd is op 4 Mei teen Blanco op die weermag se velde in Oudtshoorn. Foto: Facebook