Naelbyt-oorwinning vir Oudtshoorn RFC

Die Oudtshoorn RFC se 1ste rugbyspan het verlede Saterdag teen Volmoed Adias gespeel en die wedstryd gewen met ’n telling van 21-20. Foto’s: Lindi Brill

Die Oudtshoorn Rugbyklub se eerste span het ’n spannende oorwinning behaal teen Adias van Volmoed met ’n naelbyter-telling van 21-20 op die REC in Oudtshoorn.

Charl Marais en Jaco Marx het elkeen ’n drie gedruk, terwyl Jaco Pretorius ’n verdoeling en drie strafskoppe suksesvol deur die pale gestuur het.

Die tweede span van die klub het ook hul wedstryd gewen met ’n eindtelling van 8-7.

Hul volgende uitdaging wag teen Spring Roses op 27 April by die REC in Oudtshoorn.

Die klub se spelers is vasbeslote om voort te bou op hul suksesse en nog meer oorwinnings te behaal in die komende wedstryde. (Deur Lindi Brill)