Lional Prinsloo (links agter), afrigter van Adias Rugbyklub van Volmoed, by die spelers wat Saterdagaand by die klub se prysuitdeling by Highgate Volstruisplaas vereer is vir hul prestasies die afgelope seisoen. Voor van links is Hilton Bordjies (mees toegewyde speler), Greg Julies (Junior Speler van die Jaar), Jaquin Wagner ( B-span se Voorspeler van die Jaar), Jayden Hermanus (B-span Agterspeler van die Jaar) en Phillip Arries (erkenning vir uitstekende seisoen). Agter van naaslinks is Realdo Muller (A-span se Speler van die Jaar), Jeremy Wagner (B-spanspeler wat meeste drieë gedruk), Piet Dondas (A-span se Agterspeler en Spelers se Speler van die Jaar), Francois Gelderbloem (belowendste speler), Peter Wagner (beste vordering), Johanna Floors (sekretaresse) en Evan Scholtz (erkenning vir uitstekende seisoen. Afwesig: Charlton Prinsloo (A-span Sportman van die Jaar en meeste drieë en punte). Foto: Wyndham Ewerts