Niel die wenner

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford Saterdag is gewen deur Niel Terblanche met ’n telling van 40 punte. Chloé Kelpin, ook met 40 punte, was op ’n uittel tweede.

Llewellyn Rheeder, Louis Fourie (jr) en Colin Swigelaar, wat al drie 38 punte gehad het, was der-de, vierde en vyfde.

Chloé het die boerpot gewen en Fourie het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan. Winston Coerecius het ’n spogtwee op die 12de behaal en Rheeder op die 18de.

• Annelie van der Westhuizen het op Woensdag, 8 November, die individuele stableford met ’n telling van 42 gewen. Francois Verwey en Celeste Barnard (albei 40) was op ’n uittel tweede en derde, en Frans Celliers en Theo Fourie (albei met 37) vierde en vyfde.
Barnard het die boerpot gewen. Coerecius het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan. Hannes Smal het ’n spogtwee op die 8ste behaal.

• Die eindstryd van die vleisgholfdag-reeks vind op Saterdag, 25 November, plaas en die eindstryd van die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdae word op Woensdag, 6 Desember beslis.

• Oudtshoorn Gholfklub bied môre (Vrydag) ’n spesiale gholfdag aan om fondse vir die klub te in.

Al die spelers slaan om 13:00 gelyktydig van al 18 bowwe af. Inskrywingsgeld is R1500 per span van 4 en sluit ’n steakete ná die tyd in.

Groot pryse is op die spel. Vir navrae kan Francois by tel 0442724201 gekontak word.