Deur Ben du Preez
RUDY MORTLOCK het Saterdag, met ’n telling van 39 punte, die Oudtshoorn Gholfklub se Stablefordkompetisie gewen.
Ockie Horowitz en Heinrich Cornelissen, albei ook met 39, was op ’n uittel tweede en derde. Jaco Mortlock en Phil Mooney, albei met 36, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Louis Fourie jr het op die sewende putjie ’n arend geslaan. Spogtwees is geslaan deur Jaco Mortlock op die 3de en 15de putjies, en Fourie jr en WM Badenhorst op die 15de putjie. Piet Swanepoel was naaste aan die pen op 3de.
Die boerpot is gedeel deur Heinrich Cornelissen, Phil Mooney, Fourie jr en JW Neethling.
Altesame 30 spelers het afgeslaan.