DIE sopkombuis van Phillip en Susanna Seroux van Polisiehoogte het Saterdag 1 Mei ter viering van die kombuis se eerste bestaansjaar ’n baie suksesvolle sokkertoernooi op Lategansvlei aangebied.
Twee o.13- en twee o.15-spanne van Pine Stars, Rheenendal, het saam met spanne van die sopkombuis en Lategansvlei aan die rondomtalietoernooi deelgeneem en in albei afdelings koning gekraai.
Drie spelers van Pine Stars, Elmigo Appels, Jaiden Malan en Curtis Spies, het onderskeidelik met die toekennings as beste doelskieter, beste doelwagter en speler van die toernooi weggestap.
Volgens Phillip Seroux, projekkoordineerder van die sopkombuis en nasorgsentrum, kon die toernooi aangebied word danksy die steun van verskeie instansies en borge. (Deur Garnett Wicomb)
Sokkertoernooi om eerste bestaansjaar te vier
By die prysuitdeling was Elmigo Appels (derde van links), Jaiden Malan (middel) en Curtis Spies (naasregs) saam met van links Alberto Marbi, afrigter van Rheenendal; Louis Jaftha, afrigter van die sopkombuisspanne, en Phillip Seroux. Foto: Garnett Wicomb