Sokkerliga uitslae van die naweek

Die Infanterieskool se sokkerspan het verlede Saterdag in die ABC Motsepe Liga teen Seaside Spurs op die weermag se sokkerveld gespeel. Die eindtelling was 0-0. Die Infanterieskool se volgende wedstryde is op 9 November teen Ubuntu Spartans (weg), op 16 November teen Royal Blues (tuis) en op 23 November teen Ammar Soccer Academy (tuis). Foto: Verskaf