Skopboksers blink uit by SA kampioenskappe in Oudtshoorn

Foto: Granwille Goliath

Die Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskappe is van 24 tot 28 April 2026 met groot sukses by die De Jager Sportskompleks in Oudtshoorn aangebied. Skopboksers van al nege provinsies het aan die gesogte byeenkoms deelgeneem, wat as een van die hoogtepunte op die nasionale sportkalender beskou word.

Tussen die strawwe kompetisie het die plaaslike Grebe’s Kickboxing Club besonder goed gevaar en hul merk gemaak teen topmededingers van regoor die land.

Altesaam 19 skopboksers van die klub het aan die kampioenskappe deelgeneem en met trots hul klub en gemeenskap verteenwoordig.

Die deelnemers van Grebe’s het deurgaans sterk vertonings gelewer, met indrukwekkende tegniek, dissipline en deursettingsvermoë wat duidelik sigbaar was in hul gevegte.

Hul harde werk en toewyding het vrugte afge-werp en die klub se naam verder gevestig as ’n krag om mee rekening te hou in die skopboks-wêreld.

Die kampioenskappe het nie net ’n platform gebied vir mededinging nie, maar ook vir ontwikke-ling en blootstelling op nasionale vlak.

Vir baie jong skopboksers was dit ’n geleentheid om waardevolle ervaring op te doen en hul vaardighede teen die beste in die land te toets.

Uitslae sal in volgende week se uitgawe verskyn, teen druktyd was uitslae nog nie beskikbaar nie.