Die Summer Cup het sy laaste rondte van liga-wedstryde bereik, met Lazers wat bo-aan die puntelys eindig ná ’n indrukwekkende vertoning deur die seisoen.
Met konsekwente spel en sterk spanwerk het hulle hulself as gunstelinge vir die titel gevestig. Hierdie Sondag begin die uitklopfase, waar die top agt klubs teen mekaar sal meeding vir ’n plek in die halfeindronde.
Lazers kom te staan teen Neppon Warriors in wat ’n spannende kragmeting beloof.
Intussen pak Mighty Warriors vir Tornado’s, terwyl Vikings hul kragte meet teen Rotweilers.
In die laaste wedstryd van die rondte speel Smartie Town Giants teen Challengers.
Wie gaan hulle plekke verseker in die half eindstryd? (GRANWILLE GOLIATH)
Lazer’s Dominoes klub eindig bo aan punteleer
