Zibi’s sit vir Aurial ore aan in kragmetings

Foto verskaf

Bridgton Senior Sekondêre Skool beter bekend as Zibi het op 23 April 2026 ’n indrukwekkende vertoning gelewer teen Aurial in beide netbal en rugby, met sterk uitslae wat hul sportkrag oor verskeie ouderdomsgroepe bevestig.

In die netbalwedstryde het Zibi’s se o. 15-span uitstekend gevaar en ’n oortuigende 22-11 oorwinning behaal. Die o. 16-span het ook hul merk gemaak met ’n stewige 7-4 sege.

Dit was egter Aurial se o. 17-span wat teruggeslaan het en Bridgton met 34-19 geklop het in ’n vinnige en kompeterende wedstryd.

Op die rugbyveld was Zibi’s egter onstuitbaar. Die o. 15-span het ’n verpletterende 62-0 oorwinning behaal, wat hul aanvallende krag en goeie spanwerk duidelik ten toon gestel het.

Die o. 17-span het voortgebou op die momentum en met 27-3 gewen in ’n goedbeheerde wedstryd.
Die o. 19-span het die dag op ’n hoë noot afgesluit met ’n dominante 35-0 oorwinning, waar hul verdediging en gestruktureerde spel uitgestaan het.

In die geheel was dit ’n suksesvolle dag vir Bridgton, met oorwinnings in die meeste afdelings. Hierdie prestasies wys op die skool se sterk sportprogram en belowende talent wat besig is om deur te breek. (GRANWILLE GOLIATH)