Deur Garnett Wicomb
SEWE spelers van die Wesbank Tennisklub neem van Saterdag (2 Maart ) tot volgende Woensdag (6 Maart) in Bloemfontein deel aan die 2019 SA Nasionale ITF Seniors Tennistoernooi.
Hulle is Elmarie Lategan, Christine van Coller, Rida Bester, Hanlé Cronje, Jacques de Beer, Danie Steyl en Garnett Wicomb.
Die toernooi is verpligtend om in aanmerking te kom om Suid-Afrika in wêreldtoernooie te verteenwoordig.