Fourie wen houespel

Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie sr het Saterdag afd A van die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel met ’n netto-telling van 69 houe gewen.
­­­

Rudi Mortlock was met 73 houe tweede en Hannes Oosthuizen (74) derde.

In afd B het Mike Broughton koning gekraai met 74 houe, gevolg deur Paul Stroebel (80) en Salie Oosthuizen (83). Clement Rex (69) het afd C gewen gevolg deur Francois Bell (74) en Daniel Boks (76).
Celeste Barnard het met 78 houe die vroue-afdeling gewen.

Die boerpot is deur WM Badenhorst en Rex gedeel.

Deon Barnard het op die 15de putjie die naaste aan die pen geslaan.

• Woensdag, 20 Februarie, se individuele stableford is deur Lollies van Rensburg met 41 punte gewen. Winston Coerecius was tweede met 40 punte. Hannes Smal, Heinrich Terblanche en Gary Hutchings was met 38 punte op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Die boerpot is gedeel deur Van Rensburg, Ferdi Jonck en Anton Kock.

Smal en Marius Wilken het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, en Phil Mooney en Rudi Mortlock het dit op die 12de gedoen.