Sewe van Oudtshoorn wen dubbelgoud in fietsry

Berg_en_Dale

SEWE fietsryers van Oudtshoorn het Saterdag en Sondag by die Eden en Wes-Kaapse Padfietsrybyeenkoms en Tydtoetse dubbelgoue medaljes behaal.

Mike Lombard, voorsitter van die Oudtshoorn Fietsryklub, het gesê vier van die klub se lede het dubbelgoue medaljes gewen, wat uitstekend is vir ’n klub van Oudtshoorn se grootte.

Hyself asook Kobus Barnard (40-44), Fienie Barnard (40-44) en Errol Pretorius (60-64) het elkeen dubbelgouemedaljes ingepalm.

Nog twee jong fietsryers van Oudts- hoorn, Beyaunte Goliath (o.13) en Suveen Aries (o.15), het ook dubbelgoue medaljes losgery.

Die sewende dubbelgoue medalje is deur Phillo Verlaat, ’n plaaslike ge-stremde fietsryer, ingepalm. Hy het die C2-klas gewen.

Lede van die Oudtshoorn Fietsry­klub het altesame 22 podiumplekke behaal.

Lombard het voorts die Wes-Kaapse Paaiedepartement bedank vir al die padtekens wat hulle opgesit het om motorryers te waarsku om op die uitkyk te wees vir fietsryers.

Volgens Corne Bence, president van Eden en Wes-Kaapfietsry, was die byeenkoms ’n groot sukses. Nie een van die meer as 200 fietsryers wat deelgeneem het, het die naweek geval of is beseer nie.

Bence het ook padgebruikers en die publiek bedank vir hul geduld ten tye van die wedrenne.

• Dit was ook die eerste byeenkoms van sy soort waar trofeë asook prestige-truie aan wenners in die onderskeie afdelings oorhandig is.

Volgens Bence bring fietsrybyeenkomste ’n stewige finansiële inspuiting vir Oudtshoorn mee aangesien altesame sowat 5800 fietsryers jaarliks aan wedrenne op en om Oudtshoorn kom