Groot eer vir jong Louis Visser

Louis Visser (18) van Oudtshoorn wat deur Team Dimension Data opgeraap is!

Louis Visser (18) van Oudtshoorn wat deur Team Dimension Data opgeraap is!

NOG ’n groot eer het die 18-jarige Louis Visser van Oudtshoorn te beurt geval!

Louis is een van ses jong ryers uit Afrika wat gekies is as nuwe lede vir die voedingspan (“feeder team”) van Team Dimension Data.

Hy het einde 2016 matriek aan Langenhoven Gimnasium op ­Oudtshoorn geskryf.

Die ses nuwelinge vir die 2017-seisoen is die Ethiopiese kampioen Hafetab Weldu, asook Getachow Astbha, Joseph Areruya, Samuel Mugisha, El Mehdi Chokri en dan Suid-Afrika se Louis Visser.

Volgens ’n verklaring deur die span is elkeen van dié jong fietsryers met die hand deur die bestuur­span uitgesoek op grond van hul volgehoue goeie resultate die afgelope twee jaar.

Team Dimension Data se seisoen het reeds afgeskop met ’n oefenkamp in die Wes-Kaap.
Die voedingspan sal middel-Maart na voltooing van die Suid-Afrikaanse o.23-kampioenskap, na Lucca, Italië vertrek.

Hulle sal daar gebaseer wees totdat die fietsryseisoen einde Oktober eindig.