
Elmé Botha, ’n leerder van die Hoërskool Oudtshoorn, het tydens die hoërskole-atletiekbyeenkoms Saterdag (28 Februarie) in die De Jagersportstadion die kwalifiserende af-stande behaal in die hamergooi (47,23 m), werpskyf (36,85m) en gewigstoot (14,09m). Die kwalifiserende afstande vir SWD-kleure in die onderskeie items is 40 m, 36 m en 11,9 m.