Johan Weyers kry hoë pos

Johan Weyers

Johan Weyers

Johan Weyers, amateurbestuurder van SWD Krieket, is onlangs aangestel as senior krieketbestuurder van Krieket Suid-Afrika (KSA).

Hy gaan binnekort sy kantoor op die Rec verruil vir die hoëprestasiesentrum in Pretoria waar die dienstedepartement van KSA geleë is.

Hy gaan verantwoordelik wees vir die bestuur en implementering van strategiese krieketdienste op senior krieketvlak in samewerking met KSA-bestuurders en lede. Weyers het in Oktober 2004 by SWD Krieket aangesluit met die opening van vol-tydse kantore.

Hy het ’n deurslaggewende rol gespeel in die vestiging van krieketstrukture wat aan die nodige maatstawe voldoen sodat SWD Krieket in 2012 ’n volwaardige geaffilieerde lid van KSA kon word. Weyers het sy dank uitgespreek vir die geleenthede wat hy by SWD Krieket gekry het.

“Dankie aan almal wat betrokke was by my groei as ’n mens en aan die Raad van Direkteure vir hul leierskap en ontwikkeling van die spel in die SWD. Dit is nie maklik om weg te gaan nie, maar ek is dankbaar om so ’n geleentheid te kry.”