Chris Serfontein het Maandag sy gholftitel suksesvol verdedig toe hy met net vier stokke 39 punte aangeteken het en sodoende weer die vierstokketrofee gewen het.
Die groep senior gholfspelers van Oudtshoorn wat hulself die Kannie-dode noem, speel elke Maandag op die plaaslike baan en tydens die laas-te byeenkoms van die jaar word daar om die vierstokketrofee meegeding.
Elke speler mag dan net vier gholfstokke in die gholfsak hê.
Johan Coetzee, sameroeper van die groep, hou noukeurig boek van elke Maandag se spel en tydens Maandag-aand se afsluitingsdinee in die klubhuis, is die trofeë oorhandig.
Coenie Coetzee het die meeste keer gedurende die jaar gewen (6) en Higgo Jacobs het die trofee gewen vir die speler wat die meeste spogtwees geslaan het (5).
Deur Higgo Jacobs