Francois draf voor

DIE eerste hardlopers oor die eindstreep van Saterdag se 241ste Parkrun by Surval was Francois Maquassa (18:11) en die pasgetroude Bianca Malan (23:23), voorheen Van der Westhuizen.
Twee juniors, Markus Viljoen (19:54) en Tyrone Andries (20:10), albei 16, was algeheel tweede en derde. Karin Meyer (27:04) was die tweede vrou.
Saterdag se ander voorste hardlopers was Yaron Venter (20:32), Thys Jamneck (21:34), Chris Oertel (21:36), Bongani Khumalo (23:21), Xolani Gubula (23:21), Gerhard van Lill (23:29) en Newald Groenewald (23:55).

Deur Garnett Wicomb