Al is rolbal meestal ’n sport vir die ouer garde, is Schalk de Jager van Oudtshoorn, leerder aan Langenhoven Gimnasium, besig om goed naam te maak as jongeling in die sport. Schalk is onlangs gekies as deel van die o.18 Eden Rolbalspan wat van 1 tot 4 April in Bloemfontein, Vrystaat aan die SA Kampioenskap sal deelneem. Hy is deel van ’n span van vier, waar hy in die derde posisie speel en dien as onderkaptein. Nog ’n Oudtshoorniet, Jade Schoeman, is as reserwe vir die o.15 meisies B-span gekies. Foto verskaf