Die negende Sakekamer-gholfdag het verlede Woensdag, 2 Oktober, by die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgevind.
Fanie’s Bakwerke was die borg van die dag en die spelers is bederf met heerlike vingerhappies in die klubhuis. Die dag is weereens goed ondersteun met 44 spelers in die veld.
Charl du Plessis en Pieter du Plessis het met 47 punte die eerste plek losgespeel.
Tweede was EP du Plessis en Lourens Swanepoel met 47 punte en in die derde plek was Christo van der Berg en Abri Ferreira met 46 punte. Die volgende Sakekamer-gholfdag sal op 6 November plaasvind met Herotel wat die dag gaan borg.
Sakekamer gholfdag-uitslae
Van links is Jean Neethling (Oudtshoorn Gholfklub), Pieter du Plessis, Fanie Fourie (borg), Charl du Plessis en Abri Ferreira (voorsitter Oudtshoorn Sakekamer). Foto: Lindi Brill