Insect Science algehele wenners van Pioneer

Bo en onder: Ryers tydens die vyfde skof. Foto: Jason Boulle
Arno du Toit (leading) put the PYGA Euro Steel team under pressure from the off, in the hope of forcing a mistake from the men in the yellow First Ascent leaders’ jerseys. Photo by Oakpics.com.

Die Momentum Medical Scheme Pioneer, aangebied deur Biogen, het Saterdag na vyf uitmergelende skofte voor die Queen’s Hotel geëindig. Registrasie vir die wedren het op Maandag plaasgevind met die eerste skof wat Dinsdag weggespring het.

Hierdie bergfietswedren lok jaarliks nasionale sowel as internasionale topfietsryers.

Arno du Toit en Keagan Bontekoning het Saterdag skof 5 van die Momentum Medical Scheme Pioneer-fietswedren met ’n tyd van 2:21:42 gewen en was ook die algehele wenners van die vyfdag wedren. PYGA Euro Steel se Jaedon Terlouw en Pieter du Toit was 5 min 18 sek agter hulle in die tweede plek.

Hulle het eerste weggespring, maar het waardevolle tyd verloor as gevolg van ’n papwiel wat Du Toit se fiets opgedoen het. Valley Electrical Titan Racing se Rossouw Bekker en Cronje Beukes was derde in ’n tyd van 2:28:01.

Hulle kans op ’n tweede plek is in die wiele gery toe Bekker se fietssaal losgekom het en ’n tydelike plan gemaak moes word. In die damesafdeling het Samantha Sanders en Danielle Strydom van Efficient Infiniti Insurance die vyfde skof met ’n tyd van 2:58:13 gewen en was ook die algehele wenners nadat hulle al vyf skofte ingepalm het.

Die algehele tweedeplekwenners was Stephanie Wohlters en Kelsey van Schoor (Efficient Infiniti Insurance) met Ila Stow en Katie Lennard (Fortress Real Estate Investments) in die algehele derde plek.

Besoek gerus www.capepioneer.co.za vir volledige uitslae, foto’s en video’s van al vyf skofte. (Hannes Visser)

Bo: Keagan Bontekoning (links) en Arno du Toit (regs) vier hulle oorwinning by die eindstreep. Foto: Hannes Visser

Bo: Danielle Strydom (links) en Samantha Sanders (regs) was die dameswenners van al vyf skofte van die Pioneer-wedren. Foto: Oakpics.com.