Sakekamer Gholfdag altyd ’n hoogtepunt

Verlede Woensdag se Sakekamer Gholfdag wat by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind het, is geborg deur Coetzee en Van Der Berg Prokureurs en Alert Patrol. Daar was altesaam 34 spelers in die veld. Die wenners van die dag was Wynand Louw en Stephan Terblanche met ’n telling van 46 punte. Tweede plek is gewen deur Andre Plaatjies en Adrian Cupido met 44 punte en Skillie Pretorius en André van Greunen het die derde plek ingeneem met 44 punte. Op die foto van links is Lourence Swanepoel (borg), Stephan Terblanche, Wynand Louw, Amilia Lubbe (Sakekamerbestuurslid) en Abri Ferreira (borg). Foto: Lindi Brill