
DIE Suid-Afrikaanse Padfiets Jeugkampioenskappe van die naweek het jong fietsryers van regoor Suid-Afrika na Oudtshoorn gebring, en so ook aksie na die strate van Bridgton.
Die kampioenskappe, aangebied deur die Eden Fietsryvereniging, het sedert Saterdag in en om Oudtshoorn plaasgevind en het ’n individuele tydtoets, padfietsren en kriterium-fietsren ingesluit.
Ryers van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en ook Eden het aan die kampioenskappe kom deelneem.
Jessie Munton, o.17-meisies fietsryer wat vir die Wes-Kaap ry, het die naweek oorheers en stof in al haar teenstanders se oë geskop. Sy het met die louere in al die o.17-meisies fietsrenne weggery.
• Tydtoetswenners, Saterdag (19 Maart): o.11 – Isabella Stermin (meisies, Wes-Kaap) en Herman Oelschig (seuns, Vrystaat); o.13 – Jennah Jacobs (Gauteng) en Tristan McGiven (Wes-Kaap); o.15 – Nadia van Wyk (Wes-Kaap) en Josh Johnson (KwaZulu-Natal); o.17 – Munton en Travis Rademan-Ludeke (Gauteng).
• Padfietsrenwenners, Sondag (20 Maart): o.11 – Leone Theron (Wes-Kaap) en Dian Jacobs (Vrystaat); o.13 – Jennah Jacobs (Gauteng) en Tristan McGiven (Wes-Kaap); o.15 – Nadia van Wyk (Wes-Kaap) en Josh Johnson (KwaZulu-Natal); o.17 – Munton en Gustav Roller (Gauteng).
• Kriteriumwenners, Maandag (21 Maart): o.11 – Leone Theron (Wes-Kaap) en Dian Jacobs (Vrystaat); o.13 – Jennah Jacobs (Gauteng) en Tristan McGiven (Wes-Kaap); o.15 – Nadia van Wyk (Wes-Kaap) en Josh Johnson (KwaZulu-Natal); o.17 – Munton en Matthew Symm (Gauteng).
Uitslae: www.edencycling.co.za. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Tonele van Maandag, 21 Maart se kriterium-fietsrenne in die strate van Bridgton, Oudtshoorn. Hierdie item was die derde en laaste dag van die Suid-Afrikaanse Jeug Padfietskampioenskappe. Foto’s: Stefan Skapie Goosen





