Ryers wil SA’s weer hier hê!

Gedeeltes van Voortrekker- en Langenhovenweg op Oudtshoorn het die afgelope week aan ­fietsryers behoort tydens die SA Padfiets- en Tydrenkampioenskap. Bo ry die elite mans en o.23-ryers in Voortrekkerweg kort ná die wegspring Saterdag. Regs jaag Daryl Impey, internasionale fietsryster, oor die wenstreep om as SA padrenkampioen gekroon te word.

Corné Bence saam met Darryl Impey, wat Saterdag die padren vir elite mans oor 154,9 km gewen het.

Corné Bence saam met Darryl Impey, wat Saterdag die padren vir elite mans oor 154,9 km gewen het.

Foto’s: Schalk le Roux

Foto’s: Schalk le Roux

Louis Visser (voor) ry verby die T-aansluiting van die Volmoedpad by die Mosselbaaipad.

Louis Visser (voor) ry verby die T-aansluiting van die Volmoedpad by die Mosselbaaipad.

DIE SA Padfiets- en tydtoetskampioenskap wat Sondag op Oudtshoorn ten einde geloop het, het glad sonder enige negatiewe voorvalle verloop en was ’n groot sukses, sê Corné Bence, voorsitter van die Wes-Kaapse Fietsryvereniging.

“Van die terugvoer wat ons van fietsryers en beamptes ontvang het, is dat die SA’s so goed georganiseer was en die omgewing so mooi en ideaal geskik vir die kampioenskap is dat hulle graag sal wil dit moet volgende jaar weer hier plaasvind,” het Bence gesê.

Volgens hom het selfs oorsese verteenwoordig-ers van Dimention Data gesê hulle is baie beïndruk met die wyse waarop die byeenkoms aangebied is.

Bence was vol lof vir die puik ondersteuning wat hy van die Oudtshoorn munisipaliteit gekry asook van die plaaslike en provinsiale verkeers-afdelings, en die weermaglede wat as veiligheidsbeamptes op die roete gewerk het.

Hy het ook Eden Fietsry en al die beamptes van harte bedank wat die byeenkoms namens die Wes-Kaapse Fietsryvereniging aangebied het.

“Laaste, maar nie die minste nie, baie dankie aan die inwoners van Oudtshoorn en ander lede van die publiek vir hul geduld met die strate wat vir lang tye gedeeltelik gesluit was,” het hy gesê.

• Die fietsryers van Oudtshoorn wat medaljes by die SA’s gewen het, is Fienie Barnard (goud in padtoets vir veterane 40-44), Errol Pretorius (goud in padtoets vir veterane 60-64), Benino Hans (silwer in seuns o.17-padren oor 86,8 km), Clarissa Schultz (twee brons – in tydtoets en padren vir meisies o.17) en Philo Verlaat (twee goud – in tyd-toets en padren vir C2 vir paralimpiese fietsryers).

SA Padfiets- en Tydtoetskampioenskap in beeld

Die SA Padfiets- en Tydtoetskampioenskap het van Dinsdag, 6 Februarie, tot Sondag op en om Oudtshoorn plaasgevind. Schalk le Roux het meegaande foto’s geneem.

Die SA Padfiets- en Tydtoetskampioenskap het van Dinsdag, 6 Februarie, tot Sondag op en om Oudtshoorn plaasgevind. Schalk le Roux het meegaande foto’s geneem.

11 FietsEliteVroue

11 FietsKandelaars1

11 Fietsry

11 FietsHandeklap

11 FietsKleurdraai