Spelers van Oudts-hoorn Rolbalklub wat na die tweede liga van Eden Rolbal opgeskuif het nadat hulle die derde liga gewen het. Altesame nege spanne van klubs in Eden het deelgeneem aan die jaarlikse Eden-liga wat op ’n rondomtalie-grondslag gespeel word en wat vanjaar op 13, 20 en 27 Januarie afgehandel is. Die spe-lers is agter van links Alwyn Koegelenberg, Tinus van Rensburg en Gertjie Bekker, en voor van links Herman Marais en Alewyn Hanekom. (Foto verskaf.)