Johan Coetzer (regs) ontvang SWD Kleure van die voorsitter van SWD Meestersatletiek, Toy Ungerer. SWD-kleure is aan hom toege-ken op grond van sy prestasies gedurende 2016 en 2017. In 2016 het hy op een dag SWD-rekords verbeter in verspring, drie-sprong en hoogspring. In 2017 het hy die verspringrekord weer verbeter. Hy het ook vir die eerste keer die 100 m, 200 m en 400 m gehardloop by die SWD Kampioenskap en goud in die 100 m en 200 m gewen en silwer in die 400 m. Foto: Higgo Jacobs