Etienne Roos (naasregs) en Lollies van Rensburg (afwesig toe foto geneem is) was die wenners van Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag. AO Theunissen (naaslinks) en Nolan Dreyer (derde van regs) was tweede. George Fourie (regs) en Pieter van Greunen (derde van links) van Suid-Kaap Finansiële Dienste was die borg. Links is Johan Cornelissen, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se eerste gholf-dag van 2018 op Woensdag, 7 Februarie, op die plaaslike baan is gewen deur Lollies van Rensburg en Etienne Roos met ’n telling van 48 punte.
Jaco Mortlock en Louis Fourie sr (45 punte) was tweede, AO Theunissen en Nolan Dreyer (44) derde, en Chris Groenewald en Petrus Gouws, ook met 44, op ’n uittel vierde. Marius Wilken en Dirk Kuhn (43) was vyfde.
Bennie van Zyl het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Hannes Smal op die 12de. Spogtwees is deur Van Zyl op die 3de, Gouws op die 12de, Mortlock op die 14de (arend) en Deon van Dyk op die 15de putjie geslaan.
• Dirk Kuhn het Saterdag se individuele stableford van die Oudtshoorn Gholfklub met 43 punte gewen gevolg deur Jaco Mortlock (39) en Terry van Coller (38). Johan Cornelissen en Laurie Bos-hoff, albei met 37, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Reinhardt van Coller het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Ockie Horowitz het die boerpot gewen. Mortlock het op die 15de ’n spogtwee geslaan en Cornelissen op die 12de.