Rugbylegendes vandag hier!

Kaartjies is uitverkoop vir vanaand se Rugby aan Tafel by Black Swan. Drie van die grootste name in rugby gaan vanaand die verhoog deel.

Vlok Cilliers, Helgard Muller en Richardt Strauss is almal in Oudtshoorn as deel van ’n fondsinsameling vir Laerskool Wesbank se pawiljoen-projek. John Smit se 102de toetstrui word ook opgeveil.

Hierdie is ’n een-keer-in-’n-leeftyd-geleentheid om ’n stuk Springbok-rugbygeskiedenis te besit.

Vlok sal ook ook vanmiddag ’n skopsessie met verskeie rugbyspelers van Hoërskole in Oudtshoorn aanbied, om tegniek en rugbygeheime te deel.

Jy kan ook 1 kg wildsbiltong en droëwors wen deur die volgende vraag te antwoord.

Hoeveel keer het Richardt Strauss vir Ierland uitgedraf? WhatsApp jou antwoord na Kalbas voor 17:00 vanaand. Kontak ook vir Kalbas Nell met jou antwoord. (ANGELIQUE ERASMUS)