Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se gewilde sakeliga wat Woensdae-aande aangebied word, is om die draai en belangstellendes kan begin inskryf.
Die eerste van die reeks wedstryde begin op Woensdag, 9 Oktober, en die eindstryd vind op Woensdag, 13 November, plaas.
Besighede en skole kan spanne van vier elk inskryf. Die inskrywingsgeld beloop R900 per span vir die ses weke. Dit sluit ’n hamburger vir spelers ná die wedstryde in.
Volgens die organiseerders kan besighede en skole van Oudtshoorn die geleentheid gebruik om span te bou en sosiaal te verkeer.
Die prys vir die wenspan is R1200.
Spelers word aangemoedig om Woensdae-aande reeds om 17:30 aan te meld aangesien spel om 18:00 begin.
Vir meer inligting kan Jan van Niekerk gekontak word by 0837316869.