Rol ’n bal vir ’n bril

Foto: Die Hoorn argief

Oudtshoorn Rotariërs bied op Woensdag, 5 Maart 2025 ’n Balle-vir-Brille Rolbalkompetisie, by Oudtshoorn Rolbalklub aan.

Die doel van hierdie inisiatief is om fondse in te samel om leesbrille vir bejaarde persone en minderbevooregte kinders te voorsien, sodat hul lewenskwaliteit verbeter kan word.

Die kinders sal oogkundiges in Oudtshoorn besoek waar hul oë getoets word en ’n bril verskaf word, terwyl bejaardes besoek sal word met ’n verskeidenheid getoetste brille.

Kontak gerus vir Jodi Mulder by 082 375 6770 vir meer inligting of om ’n span in te skryf. Inskrywings beloop R1000 per span, wat ook ’n ete insluit. Die balle begin 18:00 vir 18:30 rol. (ANGELIQUE ERASMUS)