Disability Oudtshoorn kuier saam

DO-lede by Maandag se gesprek: Vusi Marenene, Rita Conradie, Ruby Arrenbrecht, Hans Keller, Johan Swart, Hans van der Veen, Attie Conradie en Thinus Eloff. Foto verskaf

Disability Oudtshoorn (DO) is ’n ondersteuningsgroep wat deur die Sielkunde Departement van die SA Nasionale Weermag gefasiliteer word. Hulle ontmoet maandeliks by die Oudtshoorn Siekeboeg (HCSC).

DO het op Maandag 24 Februarie ontmoet by Beans About Coffee in Kerkstraat, en gesels oor die toeganklikheid van restaurante en besighede vir persone met gestremdhede.

Die organisasie beoog om elke tweede maand ’n vergadering in die dorp te hê en verskeie persele te besoek om toeganklikheid te bevorder en om ook sertifikate uit te reik aan besighede wat voldoen aan die voorvereistes van die DO-groep.

Hul sal besighede adviseer om meer toeganklik te word vir mense met gestremdhede.