Rheeder wen met telling van 38 punte

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford Saterdag is deur Llewellyn Rheeder met ’n telling van 38 punte gewen.

Hein Victor (37) was tweede op ’n uittel gevolg deur Danie Terblanche, ook met 37, Louis Fourie jr (36) en Anton Kock (35).

Die boerpot is gedeel deur Fourie en Pieter Nel. Fourie het ook op die derde putjie naaste aan die pen geslaan.

Spogtwees is op die agtste putjie deur Rheeder, Terry van Coller en WM Badenhorst behaal .
Woensdag (29 Maart) se individuele stableford is gewen deur Higgo Jacobs met ’n telling van 38 punte. Willem Burger, ook met 38, was op ’n uittel tweede gevolg deur Anton Kock (37), Terry van Coller (36) en Francois Verwey (ook 36).

George Fourie en André van Greunen het die boerpot gedeel. Van Coller het op die twaalfde putjie naaste aan die pen geslaan.
• Die PNA-gholfdag vind Saterdag op Oudts­hoorn se gholfbaan plaas.