VANJAAR se Redstone MTB & Trail Run-byeenkoms wat as gevolg van Covid-19 in Mei uitgestel moes word, het die afgelope Saterdag op die Redstone Vakansieplaas in die skilderagtige Kruisrivier-omgewing tussen Oudtshoorn en Calitzdorp plaasgevind.
Behalwe vir die gewone bergfietsrenne en veldwedlope het vanjaar se byeenkoms ook ’n perdryrit oor 20 km ingesluit.
Volgens Corné Botha van Jakhals Events, wat die byeenkoms in samewerking met die Redstone Hills Trust aangebied het, was daar vanjaar groot geesdrif onder deelnemers aan al drie dissiplines met deelnemers wat van so ver as Port Elizabeth, Kaapstad en Stilbaai gekom het. Hy sê die byeenkoms is egter gekenmerk deur die streng toepassing van Covid-19-regulasies.
“Alhoewel ons die Vrydagaand se hardloop en fietsry moes uitsny om aan Covid-regulasies te voldoen, is ons baie tevrede met die dag en die opkoms.
Ons sien daarna uit om in 2021 ’n meer ‘normale’ Redstone aan te bied.”
Die 2021-byeenkoms word vir 7 en 8 Mei beplan.
Die uitslae, met verskeie plaaslike deelnemers in die top-posisies, lyk soos volg:
11 km Trail Run (vroue) 1. Elmari Louw du Plessis; 2. Corli-Marie Griffioen; 3. Leme Niehaus.
11 km Trail Run (mans) 1. Francois Maquassa (Odn); 2. Waden Kombela; 3. Martin Lleython.
20 km Trail Run (vroue) 1. Joenie Conradie; 2. Mariette Swanepoel; 3. Belinda McFadzean.
20 km Trail Run (mans) 1. Patrick van der Ross; 2. Christopher du Plessis; 3. Mark van Zyl.
11 km MTB (vroue) 1. Bea Strydom (Odn); 2. Nicela Laruffa; 3. Elri Eloff (Odn).
11 km MTB (mans) 1. Christopher Paulse; 2. Charlton Parson; 3. Frankwin Swartz.
43 km MTB (vroue) 1. Jackie Davidoff (Odn); 2. Zoë Arndt (Odn); 3. Shirley Schmidt.
43 km MTB (mans) 1. Bjorn Uys; 2. Divan Terblanche; 3. Louis Venter (Odn).
60 km MTB (vroue) 1. Teresa Bester (Odn); 2. Cady Prinsloo; 3. Almerie Hugo.
60 km MTB (mans) 1. Louis Visser (Odn); 2. Immanuel Bekker (Odn); 3. Errol Pretorius (Odn).
20 km perdrit: 1. Lizette le Roux (Odn); 2. Lindi Brill (Odn); 3. Almarie Nel (Odn)
