Rassie inspireer jong rugbyliefhebbers

Bo: PJ Wannenburg en Fourie Heunins oorhandig ’n geskenk aan Rassie. Foto verskaf.

Laerskool Wesbank se 0.13B-rugbyspan het op Donderdag 24 Julie 2025 die voorreg gehad om blad te skud met een van die grootste en bekendste name in die rugbywêreld.

Dr Rassie Erasmus het elkeen gemotiveer om hulle rugby te geniet en vrae beantwoord wat hulle tydens die ontmoeting gevra het.

Die span het op hul beurt vir Erasmus bederf met ’n geskenk. (ANGELIQUE ERASMUS)