Rangers klop All Blacks

Deur Garnett Wicomb
DYSSELSDORP Rangers het Saterdag op sy tuisveld vir All Blacks in ’n taai SWD Presidentsliga-wedstryd (Karoostreek) met 30-22 geklop. Die halftydtelling was 10-10.
All Blacks het teen ’n vinnige tempo afgeskop en vroeg voorgeloop danksy ’n verdoelde drie en ’n strafdoel. Dysselsdorp het egter toe danksy goeie voorspelerspel die oorhand begin kry in die skrums en by die afbreekpunte.

Jason Matiwane (regtervleuel) en Daviston Esau (heelagter) het kort voor rustyd elkeen ’n drie vir die tuisspan gedruk wat nie een verdoel is nie.

Die tuisspan het ná rustyd met meer vuur gespeel en Shavandre Briekwa (flank) is met twee skitterdrieë beloon.

Albei is deur Esau verdoel.

Esau was ook met twee strafdoele in die kol wat sy span met 30-10 laat voorloop het.
All Blacks het egter nie gaan lê nie en in die laaste tien minute ná herhaalde foute van Dysselsdorp twee drieë gedruk waarvan een verdoel is.

Uitblinkers vir Dysselsdorp was sy agttal wat as eenheid goed saamgespeel het, asook goeie spel deur die kaptein, Edwin Soman (binnesenter).

All Blacks B het Dysselsdorp B met 8-3 geklop.