
Gert Nel (links), Jan-Hendrik Alberts (middel) en Stephan Muller van die Du Plessis Motorsspan wat die Oudtshoorn Muurbalklub se somerliga gewen het. Hul spanmaats, Radie Loubser, Anton Claas-sen en James O’Connell was afwesig met die neem van die foto. Die toernooi het plaasgevind van 9 Februarie tot 16 Maart. Die CP Nel Oudtshoorn-span was tweede die JW Saad-span derde en die Camp Roadhouse-span vierde. Die herfsliga begin op 20 April. Fanie le Roux, voorsitter van die klub, nooi alle belangtellendes om by die klub te kom aansluit en aan die klub se ligas, wat baie sosiaal is, deel te neem. Le Roux kan vir navrae by 0825731578 gekontak word.