Fienie onder top tien vrouespanne by Cape Epic

Fienie Barnard

Fienie Barnard

Deur Ben du Preez
Fienie Barnard van die Oudtshoorn Fiets-ryklub en haar Suid-Afrikaanse spanmaat, Dalene van der Leek, het Sondag (26 Maart) die negende plek in die vroue-afdeling van die veeleisende Absa Cape Epic-bergfietswedren behaal.

Hulle was die tweede SA vrouespan wat die wedstryd voltooi het.

Die spanne wat die eerste sewe plekke ingeneem het, het uit kombinasies van Olimpiese kampioene, Olimpiese ryers, wêreldkampioene en wêreldklasryers bestaan en almal is professionele ryers.
Wat Barnard se prestasie besonders maak, is dat sy ’n huishouding het om na om te sien, die ma van twee kinders is en boonop voltyds as fisiotera-peut op Oudtshoorn werk.
Volgens Mike Lombaard, voorsitter van die Oudtshoorn Fietsryklub, is hy en die fietsryklub baie trots op haar.

Dit was die vierde keer dat Barnard aan die Cape Epic deelgeneem het.
Die organiseerders van die Cape Epic, wat UCI-status het en vanjaar van 18 tot 21 Maart plaasgevind het, strek oor 700 km wat 15000 meter se klimwerk insluit. Die roete lei oor van die Wes-Kaap se mooiste bergpasse.