
Die 440 kg toutrekspan van Hoërskool Calitzdorp wat die afgelope naweek deelgeneem het aan die SA Toutrekkampioenskappe te Helderberg in Somerset-Wes en goud gewen het in die finaal teen Drosdy. Agter van links is Justin Fourie, Gabriel Grootboom, Lorenzo Rabie, Jordan Julies en Reagan Pretorius. Voor is Herschelle Pretorius, JenovinFortuin, Chris Swart (skoolhoof en afrigter), Patrick Pokpas en Danton Grootboom.